gia vang , seo , bao ve viet nam , bao ve viet nam , bao ve viet nam , thoi trang cong so , gia dinh ban , website templates , magento wordpress opencart themes , magento wordpress opencart themes , magento wordpress opencart themes , Car Reviews information Magazine , thoi trang cong so , tin tuc moi viet nam , tin moi viet nam , chia se mon ngon , phim viet nam , ung dung game , tin giai tri , tin cong nghe , khach san da lat , anh showbiz , my pham trang da , bao da samsung , op lung iphone , bao ipad , tap chi sao , kem duong da , may tinh bang , samsung , dien thoai sky , iphone , smartphone gia re , phim club , bao cong nghe , ipad , iphone 5s , thoi trang , Game Mobile , game mobile , meo vat , me va be , OpenCart Themes , flash card

Welkom by Booysens Beertjies


Kleuterskool vir kinders van 3 tot 5 jaar

 Wilhelmstraat 1171, Booysens, Pretoria-Wes, Gauteng

 

 

Booysens Beertjies Kleuterskool, is ʼn geregistreerde kleuterskool en liefdadigheidsorganisasie, geleë in die weste van Pretoria. Die kleuterskool fokus op drie- tot vyfjarige behoeftige kleuters, wie se ouers nie skoolgeld kan bekostig nie. Ons kleuters is baie ver agter met hul ontwikkeling, met o.a. taal, motoriese ontwikkeling en emosionele ontwikkeling. Die skool verleen hulp om hierdie agtergeblewe kleuters skoolgereed te kry.

Huislike omstandighede van meeste van hierdie kleuters is baie swak, met van die gesinne wat in Wendy huise of in buitekamers woon. Die kos wat by die skool aan die kleuters voorsien word, is soms die enigste kos wat hulle vir die dag kry. Dis asof die kinders meer eet as in die verlede, wat daarop dui dat hulle minder kos by die huis kry. Die skool voorsien daagliks aan elke kleinding ontbyt, vrugte/joghurt asook ʼn middagete.

Buiten hoogstaande onderrig voorsien die skool skryfbehoeftes, maatskaplike dienste, arbeids- en spraakterapie en spreek ook individuele behoeftige gevalle aan.

Die skool ontvang geen befondsing van die staat of relevante instansies nie.

Ons het deurlopend fondse nodig vir o.a. voeding, salarisse, terapeute en skryfbehoeftes. Ons sal ook enige hulp rakende ons speelterrein en klaskamers se instandhouding opreg waardeer.

Met armoede wat toeneem, word die ouers wat aan ons deur kom klop al hoe meer. Enige donasie, hoe klein ook al, sal bydra dat ons meer kleuters kan bereik en ‘n verskil in hul lewens maak.

Ons finansiele state word jaarliks deur ‘n eksterne rekenmeester opgestel en nagegaan. Slegs een van ons komiteelede, wat al die administrasie en sekretariële dienste hanteer, verdien ‘n salaris. Verder is al ons komiteelede vrywilligers wat absoluut geen inkomste ontvang vir hul onbaatsugtige tyd en bydraes nie. Die komiteelede bestuur die kleuterskool en doen fondsinsamelings deur bv damesoggende, 'borg‘n kleuter' projek, verkope van resepteboeke, skryfbehoefte insamelings, werwing van borge, ens.

Soms verkies 'n borg om nie kontant te gee nie, maar wil tog 'n skenking maak. Sien die behoeftelys vir ons ander behoeftes.

In ons persoonlike lewens het ons soveel om voor dankbaar te wees en geniet soveel seën. Laat ons asb nie vergeet van die wat nie soveel soos ons het nie. Raak asseblief betrokke op een van die volgende maniere:

  1. Skenk kontant (Booysens Beertjies is geregistreer om Artikel 18(A) sertifikate vir belastingaftrekkings uit te reik).
  2. Borg ‘n kleuter deur ‘n maandelikse bydrae van u keuse te maak. Debietorders is op aanvraag beskikbaar. Sien die webblad vir meer inligting.
  3. Maak ‘n skenking volgens ons lys van behoeftes.
  4. Word deel van die Fondsinsamelingskomitee.
  5. Word deel van ons Uitvoerende komitee.

Enige vorm van skenking word benodig en sal uit die diepte van ons harte waardeer word.

Skenkings kan enige tyd gedurende die week te Delphinusstraat 254C, Waterkloofrif, afgelaai word of direk by die kleuterskool tussen 7h00 en 14h00, soos per adres bo genoem. Vra asb. dan vir die hoof van die kleuterskool, Elbet van Zyl, om seker te maak dat die skenking wel by ons uitkom. 

Om soveel mense moontlik te bereik, sal ons dit waardeer indien u, u familie, vriende en kennisse van ons kleuterskool vertel.

Indien daar enige navrae is, is u welkom om 'n e-pos te stuur na: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Vriendelike Groete

Judy van Freden

Voorsitter

www.booysensbeertjies.co.za

Facebook

Vertaal

Hoofborg

eleos

Radio Onderhoud - 06/2011

Bank Besonderhede

Booysens Beertjies

ABSA Bank
Rek no: 9063780404
Takkode: 632005