WELKOM by Booysens

Beertjies Kleuterskool

is ‘n geregistreerde liefdadigheidsorganisasie in Booysens, Pretoria-Wes. Kinders van die ouderdom twee tot vyf jaar kan ingeskryf word. Die kleuterskool se grondwet bepaal dat geen kind weggewys mag word, wat nie skoolgeld kan bekostig nie.

icon

GELD SKENKING

icon

BORG 'N KIND PROJEK

icon

SKENK ITEMS OP BEHOEFTELYS

WAT ONS DOEN

Ons kleuterskool ontvang geen subsidie van enige Staatsinstansie nie en ons is afhanklik van skenkings. Ongeveer 99% van die kleuterskool se kleuters betaal geen of ‘n geringe bedrag skoolgeld. Booysens Beertjies kleuterskool se skoolgelde word baie laag gehou sodat almal wat ‘n behoefte aan onderrig het, ‘n plekkie kan kry.

Ons kleuters ontvang op ‘n daaglikse basis ontbyt, ‘n peuselhappie van vrugte of ‘n broodjie rondom 10 uur en ‘n gekookte middagete voordat hulle huis toe gaan. Vir baie van die kleuters is hierdie die enigste kos wat hulle op ‘n dag kry

Lees meer >>

HOE KAN JY HELP?

As borg is daar verskillende maniere om by Booysens Beertjies kleuterskool betrokke te raak.

Jy kan maandeliks aan ons ‘n geldelike skenking maak waarvoor jy aan die einde van die jaar ‘n Artikel 18(A) sertifikaat kan ontvang. Hierdie sertifikaat word uitgereik vir geld want aan die liefdadigheidsorganisasie geskenk word en kan van belasting afgetrek word.

Ons het ook ons Borg-‘n-kind-projek wat behels dat die maandelikse skoolgeld van die betrokke kleuter deur ‘n borg gedek word. Sommige borge wil ook graag aan die kind se ander behoeftes voorsien deur bv. klere te skenk, geskenke of ‘n kospakkie aan die gesin.

Brei en skenk ‘n beer vir ons verjaarsdagprojek.

Play Video

Ons het ‘n behoeftelys wat gereeld opgedateer word en skenkings vanaf hierdie lys word opreg waardeer.

Help ons om ‘n verskil te maak in ‘n kleuter se lewe, wat aan moeilike omstandighede uitgelewer is.

0
Volgelinge op FB
0
Kleuters
0
Borg Kleuters
0
Onderwysers

ONS BORGE

sponsor logo
sponsor logo
sponsor logo
sponsor logo
sponsor logo
hands footer image
hands footer mobile